Tuesday, 28 May 2013

Teesdale, beautiful Browns en 'n bietjie sonskyn

So  lente het nie eintlik sy opwagting gemaak in die noordooste van engeland die jaar nie.. april en die begin van mei was meer winter v2.0.

Gelukkig net betyds vir die laat lente langnaweek 'n bietjie sonskyn. Na nog 'n paar harde koue weke by Nissan was ek ma effe lui om my agterent in rat te kry maar met sulke geie weer voel mens snaaks verplig om biejie uit die huis uit te kom.
So uiteinelik 'n trippie Teesdale toe op die grens van county Durham en Yorkshire. Dis 'n pragtige vallei wat net suid van Durham naby Banard Castle uitloop. Aan die voet le Middleton on Tees. 'n Bietjie van n vakansie dorp deesdae met nou kobblestone straatjies. Was tot die 40's die ekonomiese hub van die vallei gewees wat bekend was vir sy loodmyne. Gelukkig is al die myne lankal toe, en omdat daar geen villages verder in die dale op is nie loop die Tees kristal helder... prima wilde forel water.

En die was dan eintlik die verskoning vir die hele trip, seker die beste wilde bruin forel water in Engeland. Die valei val vinnig uit die Pennines Reeks so die water is vinnig en vlak, die forel in die bolope is dan ook redelik klein en moelik om te vang, wat gelukkig maak dat daar nie baie hengelaars is nie (nog 'n plus is dat jy net mag vlieghengel in die bolope, so gen papgooirs en wurm verdrinkers nie).

Die saterdag toe begin by Cow Green reservoir, die hoogste beton dam in Engeland. Daar is bittermin paadjies so ek het amper 3 ure lank oor tipiese moorland gesukkel (dis so semi nat pappery van gras en peat wat blykbaar op plekke meter dik is en snaaks genoeg verbassend baie water hou selfs teen die skerp gradient van die berghange). Was bitter bly ek het dievorige week so 'n ekstra paar ponde uitgehaal vir behoorlike waterdigte stapstewels. Die terein eet 'n ou se enkels en elke 10 tree sak jou voet weg, partykeer tot by my middel.

Dit word toe vinning 'n dag uitstappie, en vir die eerste keer in jare sien ek nie n mens vir die beste part van die dag nie. Wat 'n Britse somersdag! (ten spyt van die twee skrale forelle wat ek vir al my efforts kon wys).
Die inloop van Cow Green, amper swart peat stained water, sonskyn en nie 'n siel in sig nie.



Na 'n aand in 'n backpackers wat 100% van die grid af is (eie water, elektriesiteit met son en wind, nice) is ek toe af na die Tees toe. Besluit om die paar myl onder die dam te probeer. Dis beautiful.. amper heilige flyfish water.

Weens die vinnige water (1-3 meter/s) eers probeer om met klein nymph (larwe imitasies) vliegies onder die water te vang maar die stroom is net te vinning. Sit toe uit frustrasie 'n droee vlieggie aand (wat bo op die water dryf) en met

die eerste gooi slaan 'n forrel die vlieggie.

Die volgende paar uur was die beste vlieghengel van my lewe. Die vinnige water maak dat die forrel in 'n splitsekone die vlieggie vat, as jy nie blitvinning strike nie is die vis af. Pure tegniek. Dink ek het meer as 'n dosyn gevang, almal klein (1/2 tot 1 1/2 pond) maar die mooiste brownies. Die vis is totaal wild en die bolope is nog nooit ge"stock" nie so die genepoel is skoon. So paar fotos onder van die valei. Die laaste een is oppad terug op die Allen rivier



Grondboontjie veld naby Barnard Castle






Het 'n score om te settle met 'n trofee Brownie wat my hoek opgebuig het, so die opvolg trippie is in die pyplyn.



Scotland v1.0




Toe geen paas vakansie vir my nie. Die nuwe Nissan B-segment moet gelaunch word en ek moes kwaliteit tyd spandeer om seker te maak dat elke donerse moerkie in die kar met die regte wringkrag vas gedraai word en niks oor die algemeen van die kar afbliksem nie. Belangrike werk daaai.


Kon darem n langnaweek scotland toe afknyp. Bietjie Trossachs en 'n aand en oggend in Edinburgh. Die weer het so half en half saamgespeel en so nou en dan het die toegesneeude Ben 's mens laat voel of jy in Switzerland is.
 So paar pics rondom Ben Lawler (ek dink) en Edinburg van Auther's Seat af (weer.. ek dink) en een of ander Loch (ja daars baie). Die eerste keer in my lewe meer aan verblyf vir my kar betaal as vir my. 'n Allemintige £21...


Die eerste trippie teen die Northumberland kus op, al die pad met die A1 op tot by Morpeth, vandaar country roads tot by Alnmouth en al die pad op tot by Bamburgh. Die weer was omgekrap.. die enigste stukkie son deur die wolkekombers wat konstant van die noordsee aanrol kon ek darem verewig. Die foto is naby Seahouses kort duskant Bamburgh geneem. Dit was so vroeg April as ek reg onthou.
Na 'n maand in die Stybridge Suites uiteindelik meer permanente verblyf. Na 'n bietjie gesukkel uiteindelik a flat op die Quayside gekry, so olimpiese klipgooi van die Tyne rivier af.

Aanvanklik buite budget maar na ietwat onderduimse "benchmarking" van twee agente teen mekaar en bietjie negotiation met die vriendelike HR departement by Nissan het ek 'n balkon (vir n dampie en 'n Newcastle Brown elke nou en dan) met 'n view.

Ek mis die room service, nie die copy paste breakfast met waterige eiers, sampioene en hashbrowns nie.. ja waterige hashbrown. Die ingelse het daai fantastiese gawe om al die smaak uit enigiets uit te kook.

So ek het uiteindelik my ou Pentax afgestof.. en die eerste stock standard toeriste pic dan die Engel van die Noorde. Dis so half oppad werk toe so ek het al vele kere verbygery, gedink om n foto te neem en dan besluit die aircon in die kar is veels te cozy..