So lente het nie eintlik sy opwagting gemaak in die noordooste van engeland die jaar nie.. april en die begin van mei was meer winter v2.0.
Gelukkig net betyds vir die laat lente langnaweek 'n bietjie sonskyn. Na nog 'n paar harde koue weke by Nissan was ek ma effe lui om my agterent in rat te kry maar met sulke geie weer voel mens snaaks verplig om biejie uit die huis uit te kom.
So uiteinelik 'n trippie Teesdale toe op die grens van county Durham en Yorkshire. Dis 'n pragtige vallei wat net suid van Durham naby Banard Castle uitloop. Aan die voet le Middleton on Tees. 'n Bietjie van n vakansie dorp deesdae met nou kobblestone straatjies. Was tot die 40's die ekonomiese hub van die vallei gewees wat bekend was vir sy loodmyne. Gelukkig is al die myne lankal toe, en omdat daar geen villages verder in die dale op is nie loop die Tees kristal helder... prima wilde forel water.
En die was dan eintlik die verskoning vir die hele trip, seker die beste wilde bruin forel water in Engeland. Die valei val vinnig uit die Pennines Reeks so die water is vinnig en vlak, die forel in die bolope is dan ook redelik klein en moelik om te vang, wat gelukkig maak dat daar nie baie hengelaars is nie (nog 'n plus is dat jy net mag vlieghengel in die bolope, so gen papgooirs en wurm verdrinkers nie).
Die saterdag toe begin by Cow Green reservoir, die hoogste beton dam in Engeland. Daar is bittermin paadjies so ek het amper 3 ure lank oor tipiese moorland gesukkel (dis so semi nat pappery van gras en peat wat blykbaar op plekke meter dik is en snaaks genoeg verbassend baie water hou selfs teen die skerp gradient van die berghange). Was bitter bly ek het dievorige week so 'n ekstra paar ponde uitgehaal vir behoorlike waterdigte stapstewels. Die terein eet 'n ou se enkels en elke 10 tree sak jou voet weg, partykeer tot by my middel.
Dit word toe vinning 'n dag uitstappie, en vir die eerste keer in jare sien ek nie n mens vir die beste part van die dag nie. Wat 'n Britse somersdag! (ten spyt van die twee skrale forelle wat ek vir al my efforts kon wys).

Na 'n aand in 'n backpackers wat 100% van die grid af is (eie water, elektriesiteit met son en wind, nice) is ek toe af na die Tees toe. Besluit om die paar myl onder die dam te probeer. Dis beautiful.. amper heilige flyfish water.
Weens die vinnige water (1-3 meter/s) eers probeer om met klein nymph (larwe imitasies) vliegies onder die water te vang maar die stroom is net te vinning. Sit toe uit frustrasie 'n droee vlieggie aand (wat bo op die water dryf) en met

die eerste gooi slaan 'n forrel die vlieggie.
Die volgende paar uur was die beste vlieghengel van my lewe. Die vinnige water maak dat die forrel in 'n splitsekone die vlieggie vat, as jy nie blitvinning strike nie is die vis af. Pure tegniek. Dink ek het meer as 'n dosyn gevang, almal klein (1/2 tot 1 1/2 pond) maar die mooiste brownies. Die vis is totaal wild en die bolope is nog nooit ge"stock" nie so die genepoel is skoon. So paar fotos onder van die valei. Die laaste een is oppad terug op die Allen rivier
En die was dan eintlik die verskoning vir die hele trip, seker die beste wilde bruin forel water in Engeland. Die valei val vinnig uit die Pennines Reeks so die water is vinnig en vlak, die forel in die bolope is dan ook redelik klein en moelik om te vang, wat gelukkig maak dat daar nie baie hengelaars is nie (nog 'n plus is dat jy net mag vlieghengel in die bolope, so gen papgooirs en wurm verdrinkers nie).
Die saterdag toe begin by Cow Green reservoir, die hoogste beton dam in Engeland. Daar is bittermin paadjies so ek het amper 3 ure lank oor tipiese moorland gesukkel (dis so semi nat pappery van gras en peat wat blykbaar op plekke meter dik is en snaaks genoeg verbassend baie water hou selfs teen die skerp gradient van die berghange). Was bitter bly ek het dievorige week so 'n ekstra paar ponde uitgehaal vir behoorlike waterdigte stapstewels. Die terein eet 'n ou se enkels en elke 10 tree sak jou voet weg, partykeer tot by my middel.Dit word toe vinning 'n dag uitstappie, en vir die eerste keer in jare sien ek nie n mens vir die beste part van die dag nie. Wat 'n Britse somersdag! (ten spyt van die twee skrale forelle wat ek vir al my efforts kon wys).
Die inloop van Cow Green, amper swart peat stained water, sonskyn en nie 'n siel in sig nie.

Na 'n aand in 'n backpackers wat 100% van die grid af is (eie water, elektriesiteit met son en wind, nice) is ek toe af na die Tees toe. Besluit om die paar myl onder die dam te probeer. Dis beautiful.. amper heilige flyfish water.
Weens die vinnige water (1-3 meter/s) eers probeer om met klein nymph (larwe imitasies) vliegies onder die water te vang maar die stroom is net te vinning. Sit toe uit frustrasie 'n droee vlieggie aand (wat bo op die water dryf) en met

die eerste gooi slaan 'n forrel die vlieggie.
Die volgende paar uur was die beste vlieghengel van my lewe. Die vinnige water maak dat die forrel in 'n splitsekone die vlieggie vat, as jy nie blitvinning strike nie is die vis af. Pure tegniek. Dink ek het meer as 'n dosyn gevang, almal klein (1/2 tot 1 1/2 pond) maar die mooiste brownies. Die vis is totaal wild en die bolope is nog nooit ge"stock" nie so die genepoel is skoon. So paar fotos onder van die valei. Die laaste een is oppad terug op die Allen rivier

Grondboontjie veld naby Barnard Castle
Het 'n score om te settle met 'n trofee Brownie wat my hoek opgebuig het, so die opvolg trippie is in die pyplyn.

No comments:
Post a Comment