foto: Rohi Kumar
For with the flow and ebb, its style
Varies from continent to isle;
Dry shod o'er sands, twice every day,
The pilgrims to the shrine find way;
Twice every day the waves efface
Of staves and sandalled feet the trace.
Sir Walter Scott
My Indiaanse kollega moun toe moes juis dat hy lus is vir n bietjie avontuur (ons is albei ingeneurs so moet nie te veel verwag nie) en ek stel toe voor dat ons 'n trippie na Lindisfarne toe doen. Lindesfarne (ook Holy Isle) is so 60 myl noord van die Toon(/town/newcastle). Ek was al vantevore amper daar - het een saterdag opegery maar is so bietjie ge "side track" deur die die pragtige stuk kuspad. Het eers na donker daar aangekom en besluit ek moet terugkom.
Die eiland is meerendeels omring deur 'n enorme sandbank wat met laaggety die eiland aand die vasteland verbind. Daar is 'n causeway wat per motor 2 keer per dag oorgesteek kan word.
Die eiland was ook die tuiste van die eerste christelike klooster in Anglo Saksiese/erse (damm afrikaans is moelik) koningkryk van Northumbria. Die ierse monikke het in 635 van die skotse eiland Iona af gekom op uitnodiging van die koning Oswald. Later was die biskop Nothumberland se patron saint, St. Cuthbert en veel later was die eiland 'n benidicteinse klooster (abbey??).
Inelkgeval beluit ek toe dat ons die oorspronklike pelgrim roete moet stap na die klooster. Rohi het homself skrikkerig gegoogle maar met die hulp van 'n getykaard het ons toe die 6km aangedurf. Nieteenstaande die vele aanbevelings dat die roete nie sonder 'n gids aangepak moet word was n gawe stappie. Nogal surealisties om met myle plat strand rondom jou te loop. Ons het wel op die terugtog agtergekom dat die weg nie op 'n opkomende gety aangepak moet word nie. Dit net-net gemaak (daar is twee nood skuilings - so kraaines op stelte elke 2 km, wat jou droog hou terwyl jy 8 ure lank wag vir die gety om te val).
So laaste bietjie geskiedenis, Lindesfarne was in 793 die plek waar die eerste groot Viking strooptog op die Britse mainland plaasgevind het. Dit het die begin van die Viking Era ingelui, vanwaar die Vikings verder 'n groot deel van oos Engeland oorheers het vir 250 jaar, met hulle setel in York (Yorwick). Hulle het verder suid beweeg voor hulle uiteindelik deur (my naamgenoot :) ) Alfred of Wessex (..die enigste englse koning na wie verwys word as "die Grote" :) ) gestop is. Die einde van die era was met die slag van Stamford Bridge waar King Harold (Godwinson) in 1066 uiteidelik die laaste Vikings aanslag op London uitgewis het. Net om minder as n maand later sy kop en koningkryk te verloor in die slag van Hastings.. ook maar teen die nasate van 'n ander klomp vikings.
Die pelgrims weg met die karpad net noord daarvan.
foto: Rohi Kumar
Die kasteel en klooster (dink die een na die eiland verlate gelaat is deur die 793 en latere Viking aanvale gebou in die 11de eeu, dink ek??). die kasteel bo is in die 18de eeu gebou as..pretty much as 'n vakansiehuis.

Amper te laat, gelukkig was dit die laaste paar meter. Die gety kom verbassend vinnig en geluidloos in.
Die pelgrimsweg en 12km se sand tussen die tone was 'n goeie kopskoonmaker. Nou wil ek dit een aand met 'n volmaan doen...mmmmm het die maan iets met 'n groter gety te doen? Sal ma moet google voor ek versuip.










No comments:
Post a Comment