Friday, 15 November 2013

Scotland v2.0 ('n properse trip die keer!)

























Het die laaste paar weke van Julie klippe gekou by Nissan.. en alhoewel ek uitgesien het na die Somer "shutwown" soos 'n tjokkertjie na 'n kerfeespersent, het ek nie juis veel beplan nie... So die een was so bietjie van 'n aand voor die tyd, agterkant van 'n camel pakkie ekspidisie. So wat van Skotland, weer? 

Maar ja, ek het 'n ingeneursgraad op varsity so deurgekom en  het juis op die manier al op die interassantste plekke beland/gestand, so daar gaan ek toe. 'n Tent gaan koop die oggend, die Nissantjie se neus so noord, noordwes gekorrel en met die Heuwels Fantasties (Spotify is great =  online musiek deur die kar se sound system) in my ore die pad gevat.

No comments:

Post a Comment