Van Ratagan toe 90 myl na Ullapool. Die idee was om so Noord as moontlik met die Skotse Noord Wes kus op te ry tot in die Assynt Region. Very Loch Assynt met Ardvreck Kasteel (of wat daarvan oor is) dan tot by Lochinver..
Ardvreck Kasteel op 'n eiland in Loch Assynt
Uiteindelik kom ek toe by Achmelvich Strand uit waar ek DINK ek by 'n jeugherberg plek bespreek het... wel toe nie, daar is 'n hostel maar die een wat ek bespreek het is 80 myl suid??? So my sigaretboksie beplannig se wiele is nou af, alhoewel ek die plakname blameer.
Maar wat, dis so mooi plek.. bly toe maar net daar.
![]() |
| Lyk soos die Maldives, voel soos Siberie. Leeukoud. En by the way was ek die enigste idioot wat geswem het. |
Dis nou 'n vakansiehuis... skoon jaloers (ten minste jaloers vi 2 maande van die jaar)
Pragtige kritalhelder water met 'n onweer wat in die agtergrond brou.
Beautiful..... Achmelvich strand
Nou se jy vi my dis Skotland..
Die volgende so 'n vlieglyntjie gaan natmaak. Die Assynt het leterlik duisende klein loch's. Die weer was tipies skotse somer, vier seisoene en als. Reen so bietjie vas, sukkel en trek 'n paar klein "troot" uit.
Toe ewe skielik hou die reen op en die Loch kry lewe. Orals rondom my rise beautiful brownies en ek is flyfishing hemel... vi so 30 sekondes. Want saam met die forel rys daar toe 'n wolk midges uit die heather uit. Ek het gehoor van die midges... ma ek kom moes van Afrika af en ons bang nie die bos?? nie. Midges is my baas. Later 'n beskywing gelees van 'n midge attack gelees.. iets soos "a midge attack has two distinct stage 1) they start biting and you think you're going to die.. 2) they realy start biting and then you wished you had died" ek dink dit stel dit sag. Ek gee toe maar na 'n halfuur op en val terug, wetende dat ek nooit weer in my lewe so forel rise gaan sien nie. Dammit.
SO paar dae later die bytmerke op my bene getel (en ek het langmoue, boots en 'n langmouhemp gedra), het by 80 ophou tel.








No comments:
Post a Comment