Na 'n paar dae in die Assynt moes ek myself daar wegskuur. Die volgende destinasie was toe heel eenvoudig. Die backpackers wat ek geboek en betaal het (en gedink het dis Achmelvich). So nou is dit suid na 'n plek wat ek nie 'n clue van het nie.
Eindig toe net noord van Ullapool (wel 7 myl te voet maar amper 40 per pad) naby die dorpie Achiltibuie op.
Die backpackers is wragties rustic. Maar 'n gorgeous witgekalkte ou plaashuis, 2 myl van die naaste pad af. In 'n baai gelee, geen selfoonopvangs nie en ek is die enigste siel in die backpackers (behalwe die opsigter). Maar ja die village pub is 'n halfuur se loop weg. Maak toe maar vriende, bou brue en eindig die aand by 'n partytjie op die plaas langsaan. Maar dis 'n lang storie.
Die backpackers
View Larger Map
Die volgende na bietjie rondwaal in die area (wel meestal in die pub, en langs 'n loch of twee) het ek besluit dat daar dalk minder midges op hoer elevasies is. Klim toe Stac Polliadh op die beste Skotse somersdag wat 'n mens kan beleef. Die uitsig was spesiaal. Binneland toe die hooglande, noord die Lewisian Gneis van die Assynt, wes die kus van Skye en in die verte die net-net die hebrides.
Ek lyk effe beneuk,.. dit was 'n stewige klim en ja .. die vorige aand.






No comments:
Post a Comment